|
|
Inleidend GALLERY | KLIMAAT | DRUKVRIENDELIKE PDF WEERGAWE VAN WEBWERF |
|
|
Die ontwikkelaars, die Meyer-familie, het geen koste ontsien om ’n Aftreeoord te skep waar senior burgers volkome gemoedsrus kan geniet nie. Die eienaars se siening en filosofie was van die beplanningstadium af dat daar nie eenvoudig “'n dak oor die kop’’ verskaf moet word nie maar wel ’n lewenswyse wat aan Oostvallei se senior burgers in hierdie fase van hulle lewe in die eerste plek ’n aangename verblyf met rus, vrede, gemoedsrus, gemak en veiligheid bied.
Die landskapontwerp, waterstrome en damme met hul eende en veilige wandelpaaie is kundig uitgelê met net die beste gehalte plante om in die winter net so goed te vertoon soos in die somer. Inheemse bome is behou, en nuwe bome is op geskikte plekke aangeplant.
Dit is die enigste oord wat deur die eienaars self ontwikkel is en hulle het al hul aandag daaraan bestee om daarvan 'n pragoord te maak. |
||
|
Inleidend | Fasiliteite | Sosiaal | Bestuur | Verkope | Kontak | Kliniek | Restaurant
Voorwaardes | Drukvriendelike PDF Weergawe
van Webwerf |
||
|