|
|
Kliniek |
|
|
Die sorgeenheid bestaan uit 'n siekeboeg vir eerstevlakversorging. Daar is ook 'n eenheid vir verswakte bejaardes. Voorsiening woord ook gemaak vir ouer persone wat steeds onafhanklik, maar binne onmiddelke bereik van verpleeghulp wil wees. Die kliniek is as 'n "step down clinic" gerigistreer. Die voordeel verbonde aan registrasie is dat uitgawes van die mediese fondse geëis kan word. Fisioterapie, massering en voet-en naelbehandelings word ook voorsien.
Die versorgingseenheid, wat
binne die oord gelëe is, maak dit een van die oorwegings wat 'n mens
defenitief aan moet dink met die verkryging van behuising in so 'n oord.
Altesame is daar twintig beddens waarvan daar altyd 'n paar beskikbaar
gehou word vir inwoners uit die oord. 'n Groot voordeel van Oostvallei se
sorgeenheid is dat dié sentraal geleë is binne die oord en maklik
toeganklik is vir alle inwoners. Die voordeel dat as slegs een van die
inwoners sou gebruik maak van die fasiliteite
Die sentrale interkomsisteem, wat alle huise sowel as die
sorgeenheid met mekaar verbind, bied in hierdie omstandighede, maar ook in
noodsituasies, baie gemoedsrus. Opsioneel kan daar ook deur die aankoop
van 'n panieknoppie, wat mens by mens kan rondra, gebruik gemaak word vir
vinnige hulp. Hierdie is die kleiner dinge in die alledaagse lewe waaraan
mens nie juis dink todat dit in werklikheid met mens self gebeur nie. Kom vergewis uself gerus oor
die hoë standaard van ons dienste en fasiliteite en kontak die sorgeenheid
vir 'n afspraak, u sal sonder twyfel beïndruk wees.
• Pretoria Oos Hospitaal • Kloof Hospitaal • Wilgers Hospitaal • Faerie Glen Hospitaal
'n Groot verskeidenheid
apteke is ook in die omgewing beskikbaar, wat op 'n 24uur basis bedryf
word. |
||
|
Inleidend | Fasiliteite | Sosiaal | Bestuur | Verkope | Kontak | Kliniek | Restaurant Voorwaardes | Drukvriendelike PDF Weergawe van Webwerf
|
||
|
|
|