|
Inwoners uit die oord kan
daaglikse ‘n maaltyd in die restaurant geniet. Die etes word opsioneel
aangebied en is geensins verpligtend nie. Elke wooneenheid het ‘n eie vol
toegeruste kombuis met ‘n ooghoogte oond en stoof. Die etes in die
restaurant word wel teen so ‘n billike prys aangebied dat dit regtig veel
eerder lonend is om hier ‘n goed gebalanseerde maaltyd te kom geniet as om
by die huis elke dag etes voor te berei.
Die
eetsaal is baie populêr en word ook gereeld deur senior burgers in die
omgewing ondersteun vir ‘n smul lekker gebalanseerde ete teen ‘n billike
prys, sewe dae per week.
Vroegtydige besprekings is noodsaaklik om teleurstelling te voorkom.
Etes word daagliks vars in Oostvallei se eie kombuis voorberei en sodoende
kan voorsiening gemaak word vir persone wat spesiale diete volg of
vegetariese geregte verkies.
Vir
privaatfunksies of familiebyeenkomste is daar ‘n groot verskeidenheid
geregte soos vingeretes met verskillende soet- en southappies om van te
kies en te keur. Vir troues, verjaarsdae, spitbraaie, begrafnisse,
teepartytjies en spesiale ontbytonthale, is Oostvallei se ligging ideaal
met sy boomryke omgewing en ruim lokale. Veilige parkering is beskikbaar.
Die buitearea se houtdek kyk uit op die kabbelende waterstrome en is
ideaal om met vriende ‘n koppie filterkoffie of tee met lekker varsgebakte
koek te geniet.
Een van die kombuis se spesialiteite is die voorbereiding van ‘n groot
verskeidenheid koeke. Doelgemaakte- en troukoeke kan hier bestel word teen
baie kompeterende pryse.
 
Drukvriendelike weergawe van
hierdie bladsy |