|
|
Sosiaal |
|
|
Oostvalleiers is op sosiale gebied bedrywig met aktiwiteite soos funksies, byeenkomste, opvoerings en uitstappies wat wyd ondersteun word. Die maandelikse "happy hour", met unieke temas, het oor die jare baie gewild geraak onder die inwoners.
Sitkamer, Kroeg & Saal
Daar is ‘n groot skermsateliettelevisie met ‘n projektor en ook ‘n kroegie vir die gene wat daar 'n drankie wil geniet. Daar is 'n biljarttafel en genoegsame patio's vir byeenkomste. Hier is gedurig iets aan die gang soos onder andere die weeklikse "rummy cup" of naaldwerksessies.
Biblioteek
Die oord spog ook met 'n biblioteek met 'n groot verskeidenheid boeke wat by die jaar groter word deur skenkings wat van nuwe inwoners ontvang word.
CELESTE, die oord se eie koor, tree telkens by funksies en ander geleenthede op.
Kersetes
Die jaarlikse Kersete en Paasfeesete is uiters gewild. Besondere moeite word gedoen om vir inwoners en gaste 'n fynproewersmaal voor te lê. Dis ook 'n guldige geleentheid om familielede te nooi vir ete sonder enige moeite by die huis.
Klereverkope lok baie belangstelling. Die klere is van goeie gehalte en word teen billike pryse aangebied. Verskillende maatskappye stel hulle produkte gereeld hier ten toon.
Kombibussie
Alhoewel ons op ’n busroete geleë is, neem die oord se kombibussie twee keer per week inwoners na winkelsentrums om hulle inkopies te doen. Spesiale reëlings kan ook getref word vir gesamentlike uitstappies.
Wandelroetes
Die gewildste aktiwiteit is wandelinge op die staproetes deur die oord vir daaglikse oefening. Die roetes kronkel tussen waterstroompies en onder deur reuse ou bome. Die tuin is 'n ware paradys! |
||
|
Inleidend | Fasiliteite | Sosiaal | Bestuur | Verkope | Kontak | Kliniek | Restaurant Voorwaardes | Drukvriendelike PDF Weergawe van Webwerf
|
||