|
|
Verkope ... TERUG NA VERKOPE | DOKUMENTASIE | PRYSLYS VAN EENHEDE TANS BESKIKBAAR |
![]() |
|
Wat is die regte keuse vir 'n Aftreeoord?
Om u swaarverdiende geld te beveilig en gemoedsrus op u oudag te hê, moet u noukeurig ondersoek instel, sê Mnr Heiner Meyer die ontwikkelaar van die Oostvallei Aftreeoord.
U moet veral seker maak dat daar nie ’n verband oor die eiendom geregistreer is nie. In gevalle waar Aftreeoorde in die moelikheid beland het, is die oorsake amper altyd die skuldlas wat deur onverantwoordelike ontwikkelaars daarop geplaas is. Die enigste veilige oplossing is soos in die geval van Oostvallei, waar daar hoegenaamd geen verband en geen skuld op die eiendom rus nie. Alles word op ’n kontantbasis gehanteer om sodoende sy inwoners se swaarverdiende belegging te beveilig.
Oostvallei word op die okkupasiereg-beginsel bemark. Indien dit op die Oostvallei manier hanteer word, is dit net so veilig soos ’n titel, of “kaart-en-transport’’, soos sommiges dit noem. ’n Ander veilige manier is deeltitel. Deeltitel is egter glad nie geskik vir ’n aftreeoord nie. Die ontwikkelaar van ’n deeltitelskema sal al die eenhede teen die hoogs moontlike wins verkoop en is dan nie meer betrokke nie. Die inwoners moet dan op hul oudag self sien regkom en self die oord aan die gang hou. Benewens die finansiële sekuriteit is die persoonlike veiligheid, gesondheidsorg, gemeenskaplike geriewe en ’n gelukkige samelewing met die ander inwoners belangrik. Dit is tog immers die laaste keuse van ’n tuiste en ’n mens maak die keuse om voortaan rustig en kommervry te lewe.
Senior burgers wat na gerief en finansiële sekuriteit op soek is, sal albei in die Oostvallei Aftreeoord in Garsfontein vind. Oostvallei is ’n private oord en het geen bande met finansieringsinstansies wat hulself ten koste van afgetrede mense wil verryk nie. Die oord is nie ’n deeltitelskema nie en die inwoners het dus volle seggenskap. Mense wat hulle spaargelde in ’n veilige belegging wil steek, hoef nie twee keer te dink voordat hulle die bestuur van Oostvallei nader nie. Die eiendom is ten volle betaal en daar is geen verband daaroor geregistreer nie. Aftreeoorde se eenheidspryse kan nie vergelyk word met ’n gewone meenthuis ontwikkeling nie, aangesien die infrastruktuur vir die oprigting van ’n Aftreeoord se koste implikasie baie hoër is as dié van ’n gewone ontwikkeling. |
||
|
Inleidend | Fasiliteite | Sosiaal | Bestuur | Verkope | Kontak | Kliniek | Restaurant Voorwaardes | Drukvriendelike PDF Weergawe van Webwerf
|
||
|
|