Fasiliteite

HOOFGEBOU  |  EETSAAL   |   VERGADERSAAL  KROEG ADMINISTRATIEWE KANTOOR 

POSBUSSE  | HAARSALON  WASSERY  SEKURITEIT  |  KLINIEK  |  RESTAURANT

FUNKSIES EN KONFERENSIE GERIEWE

 

Die verskeie fasiliteite by Oostvallei sluit onder meer die volgende in:

 

 

Hoofgebou

 

Die hoofgebou is die hart van die hele oord. Dit is sentraal geleë en bestaan uit 'n eetsaal, 'n vergadersaal wat vergroot kan word om aan 'n spesifieke doel te beantwoord, 'n kroeg, haarsalon, administratiewe kantore, 'n biblioteek en sitkamer.

 

Eetsaal

 

Hier word daagliks goed gebalanseerde, smaaklike etes teen bilike pryse verskaf. Slegs middagetes word bedien maar reëlings kan met die spysenier getref word vir groter maaltye en funksies soos partytjies, familiebyeenkomste en konferensies.

 

Vergadersaal

 

In die hoofgebou is daar ook 'n groot saal met 'n verhoog vir byeenkomste soos die algemene jaarvergadering, kerkdienste, opvoerings en allerlei uitstallings. Kleiner sale is ook beskikbaar.

 

 

Kroeg

 

Daar is verder 'n groot sitkamer met sateliet-TV, 'n eie kroeg,  biljaart kamer en ook ’n biblioteek met 'n aangename verskeidenheid boeke.

 

 

 

Administratiewe kantoor

 

Die oord se administratiewe kantoor wat met menige aspekte behulpsaam kan wees, gee die inwoners 'n groot sin van gemoedsrus. Die maandelikse rekeninge en heffings word onder meer hier geadministreer.

 

Posbusse

Die oord beskik oor sy eie privaatsak en inwoners se pos word sodoende daagliks afgelewer. Posstukke kan ook van uit die oord se gerief en veiligheid versend word.

 

 

Haarsalon

 

Die haarsalon in die hoofgebou geniet besondere aandag van veral die dames maar mans is ook gereelde besoekers. Die salon spesialiseer in sny, kleur, perm, tint, "highlights", "blow wave" en set. Kliente van buite die oord word ook verwelkom. Besprekings is egter noodsaaklik.

 

Wassery

 

Die wassery wat met 'n muntstelsel werk, kan deur alle inwoners teen 'n minimale koste gebruik word. Die masjiene maak dit baie gerieflik om groter items soos gordyne of lakens te was.

 

  

Sekuriteit

 

Daar is net een ingang tot die oord en die wagte is doelgerig opgelei om 'n puik diens te lewer. Dit maak toegangsbeheer maklik en opsigtelik. Digitale kameras is op  strategiese plekke in en om die oord geplaas.

 

Die oord is met 'n hoë betonmuur en 'n geëlektrifiseerde heining bo-op, omring. Dit is ook in sones opgedeel vir doeltreffende inspeksie, veral in nood situasies. Die bestuur se veiligheidskommittee hou 'n streng oog oor die wagte om te verseker dat hulle hul werk deeglik verrig. Veiligheidsmaatreëls word voortdurend onder die loep geneem en verskerp om 'n veilige en rustige verblyf in die oord te verseker. Veiligheid en sekuriteit is van die belangrikste aspekte in die oord.

Drukvriendelike weergawe van hierdie bladsy

Inleidend | Fasiliteite | Sosiaal | Bestuur | Verkope | Kontak | Kliniek Restaurant

Voorwaardes Drukvriendelike PDF Weergawe van Webwerf