
Klimaat
Gauteng se klimaat word beskou as van die bestes te wêreld: somerdae is
warm en windloos en winterdae is koel en helder. Die stad is geleë hoog op
die sentrale hoogland met 'n gemiddelde hoogte van 1 500 meter bo seevlak.
Die gemiddelde jaarlikse reënval is 850 milimeter, met 'n sonskynfaktor
van 8,7
ure per dag, een van die hoogstes ter wêreld.
Temperatuur
Pretoria het 'n aangename matige klimaat, nie te vogtig of the warm nie.
Daar is ongeveer ses weke se koue in mid-winter (van
Julie to Augustus). Somer bied warm sonskyn met
heerlike aande van Oktober tot Maart.
Daaglikse temperature wissel tussen 'n gemiddelde mid-somer (January)
maksimum van 26ºC en 'n gemiddelde winter (Junie) maksimum van 16ºC met
laer temperature van ongeveer 5°C in die aand.

Reënval
Pretoria val in die somerreënvalstreek. Tussen November en Februarie is
somer reënval in die middae nie ongewoon nie. Donder- en haelstorms kom
ook soms voor.
Reënval wissel tussen 600mm tot 900mm per jaar.