|
|
Funksies en Konferensies |
![]() |
|
Lokale:
In die hoofgebou is daar 'n ruim vergadersaal en 'n eetsaal wat elk plek het vir ongeveer 100 persone. Die twee sale kan gesamentlik gebruik word, maar dan kan dit slegs as 'n vergaderplek of as ‘n eetplek dien. In sodanige geval is dit meer prakties om dit vir 'n groep van 140 persone aan te wend eerder as 200, want dan is daar volop ruimte vir bedieningsareas. Daar is verder 'n sitkamer beskikbaar wat omskep kan word vir ‘n vergadering of vir ‘n private eetgeleentheid vir 40 gaste, met 'n kroegarea met ruimte vir 20 gaste aangrensend daartoe. Daar is ook 'n komiteekamer beskikbaar waar 12 persone in groot privaatheid bymekaar kan kom vir ‘n ete of besprekinge.
Bykomstighede: 'n Luidsprekerstelsel is in die vergadersaal en eetkamer geïnstalleer. Die vergadersaal is toegerus met 'n groot skerm (2,4 by 3,5 meter) en 'n truprojektor, sowel as 'n projektor wat met ‘n rekenaar, videomasjien of DVD-speler gekoppel kan word. 'n Blaaibord en 'n kateder wat in enige lokaal gebruik kan word, is beskikbaar.
Spyseniering:
Alle breekware, glase, eetgerei, tafeldoeke en versierings wat vir onthale benodig word, kan volgens ooreenkoms voorsien word. Dit geld ook vir die kos, snoeperye en drank. Geen eie voedsel of drank word toegelaat nie, tensy uitdruklik so ooreengekom, maar in die geval van eie drank sal 'n kurkfooi betaalbaar wees. Bediening sal volgens ooreenkoms geskied en indien tafelbediening verlang word, sal die koste van bykomende personeel deur die klient gedra word.
Parkering:
Oostvallei is 'n sekuriteitsarea en beskik oor veilige parkering.
|
||
|
Inleidend | Fasiliteite | Sosiaal | Bestuur | Verkope | Kontak | Kliniek | Restaurant Voorwaardes | Drukvriendelike PDF Weergawe van Webwerf
|
||
|
|