|
E-pos:
Die inligting vervat in enige e-pos en enige aanhangsels daaraan is
uitsluitlik bedoel vir die gebruik aan die ge-adresseerde(s) soos in die
adreslyn vermeld. Sodanige e-pos mag inligting bevat wat vertroulik en
privaat is. Indien u nie die vermelde geadresseerde is nie, word u
versoek om geensins op enige wyse hierdie epos te versprei, bekend te
maak of te kopieër nie, asook enige handeling voorspruitend daarvan te
doen nie. Stel asseblief die versender per terugkerende epos dadelik in
kennis dat gemelde e-posboodskap verkeerdelik ontvang is en vernietig
die betrokke e-pos onmiddellik daarna.
Enige opinies, sienings, gevolgtrekkings of ander inligting in hierdie
boodskap vervat is dié van die versender en word nie noodwendig deur
Oostvallei, die Beheerliggaam, Bestuurspan of personeel ondersteun nie.
Oostvallei aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige onregmagtige
opinie of voorstelling gemaak deur die versender namens die aftreeoord
nie.
Vanweë die aard van e-pos kommunikasie aanvaar Oostvallei geen
verantwoordelikheid vir die hantering van vertroulike inligting hierin
vervat nie en word alle aanspreeklikheid in die verband uitgesluit.
Die verantwoordelikheid rus verder op die ontvanger en sy organisasie om
die betrokke e-pos en aanhangsels na te gaan vir virusse. Nadat gemelde
e-posboodskap Oostvallei se netwerk verlaat het, aanvaar Oostvallei geen
verdere verantwoordelikheid vir virusse, gemorspos of 'spybots' wat
daaraan gekoppel kan word nie.
Oostvallei behou die reg voor om enige inkomende en uitgaande e-pos
boodskappe sowel as enige ander vorm van elektroniesekommunikasie op sy
e-posstelsel te monitor en te vernietig indien dit besmet is met enige
virusse, gemorspos of 'spybots'.
Verder behou Oostvallei ook die reg voor om geregtelik en of siviel op
te tree indien ons stelsel misbruik word in enige mate, of vir die
versending van enige rassistiese, seksistiese, pornografiese en of enige
ander ongewenste inhoud of aanhangsels.

Webwerf:
Die gebruik van die webwerf van Oostvallei deur enige gebruiker berus
uitsluitlik op eie oorweging. Wanneer enige persoon of persone ons
webwerf besoek, doen hulle dit op eie risiko en aanvaar ons geen
verantwoordelik vir enige gebeurlikheid voortspruitend uit sodanige
gebruik nie.
Die inligting vervat in enige webwerf en enige bladsye daarin is bedoel
om inligting oor Oostvallei te verskaf. Sodanige inligting daarin
weergegee word geensins as absoluut beskou nie en mag verouderd, foutief
of ander foute bevat. Oostvallei probeer nie met hierdie webwerf enige
siening aan gebruikers afdwing, of te probeer oortuig tot enige siening
nie. Die uitsprake, dokumentasie en enige ander inhoud waaarin moontlike
sieninge gelees kan word is die uitsluitlike siening en beleid van Oostvallei en is uitsluitlik vir kennisname deur gebruikers en nie om
sodanige gebruiker van die webwerf se siening en beleid te oortuig nie.
Oostvallei behou die reg voor om te enige tyd veranderinge en
verbeteringe aan die webwerf en of inhoud daarvan aante bring sonder
kennisgewing.
Hierdie terme en voorwaardes tot die gebruik van die webwerf omsluit die
totale gebruik en toegang tot Oostvallei se webwerf en is nie onderhewig
aan enige vorige kommunikasies, veranderinge of verbeteringe nie en mag
van tyd tot tyd na goeddunke verander word sonder enige kennisgewing.

Sagteware:
Indien enige sagteware op die webwerf beskikbaar gestel word vir aflaai
deur 'n gebruiker of spesifieke gebruikers, behou Oostvallei en enige
Derde Party organisasies of maatskappye aan wie die sagtware behoort,
die kopiereg. (Geen sagteware of enige gedeelte daarvan mag sonder
toestemming verder versprei of enige gedeelte geredigeer of verander
word nie.) Die gebruik van sodanige sagteware word beheer en beskerm
deur die kopiereg wat daarop aangedui is en deur die kopieregwet van die
betrokke land waarin dit ontwikkel is asook van die betrokke gebruiker.
Sodanige gebruiker(s) moet die ooreenkoms tot die gebruik van sodanige
sagteware lees en aanvaar alvorens dit geïnstalleer en of gebruik mag
word.
Oostvallei aanvaar geen verantwoordelikheid van watter aard indien enige
sagteware onwettig of verkeerdelik gebruik word nie. Verder word daar
ook geen verantwoordelikheid aanvaar indien daar enige skade,
veranderinge of gebeurtenis op die gebruiker se rekenaar voorkom weens
die direkte of indirekte gebruik of installering van enige sagteware wat
bekom is vanaf of deur middel van die webwerf.

Skakels na ander Webwerwe:
Oostvallei se webwerf mag moontlik skakels na ander Derde Party webwerwe
hê waaroor ons geen beheer kan uitvoer nie en waaroor ons nie oor die
inhoud kan verantwoordelik wees nie. Hierdie skakels is slegs vir die
gerief van spesifieke gebruikers. Sodanige Derde Party webwerwe sal
sover dit binne ons vermoë is, gekeur word vir inhoud. Daar mag gevalle
wees waar skakels sonder ons toestemming en wete op ons webwerf geplaas
word, of waar ons skakel selfs op Derde Party webwerwe geplaas word
sonder ons medewete en sonder ons toestmming. In alle gevalle dra ons
geen verantwoordelikheid vir sodanige skakeling nie.

Kopiereg:
Alle teks, fotos, dokumente op
hierdie webwerf, is die eiendom van Oostvallei. Geen ongematigde
reproduksie of verspreiding daarvan in enige vorm word toegelaat
sonder amptelike skriftelike toestemming nie. Alle regte word
voorbehou tensy waar dit anders vermeld word.
Die Oostvallei logo is 'n
geregistreerde handelsmerk.

Vrywaring:
Slegs indien uitsluitlik vermeld, word alle inligting wat in
hierdie webwerf voorkom op sigwaarde aangebied. Alle uitdruklike of
geïnpliseerde voorwaardes, veronderstellings, voorwaardes en volmagte,
ingesluit. Oostvallei aanvaar geen aanspreeklikheid of geïnpliseerde
aanspreeklikheid vir korrektheid, aanvaarbaarheid, volledigheid of
toeganklikheid nie.

|