spacer

Inleidend

Oostvallei Aftreeoord

Oostvallei is geleë naby Menlyn, Pretoria se nuwe kern en Afrika se eerste groen-stad, in die gewilde ooste van die dorp. Die sentrale ligging onderskei hom van ander Aftreeoorde. Naby geleё hoofroetes, hospitale en winkelsentrums maak dit gemaklik om alledaagse take sonder moeite te kan verrig.

HME 4842

Die spoggerige, boomryke tuine met waterstrome en die gemoedsrus dat ’n mens ter enige tyd veilig in die oord kan gaan rondstap, is van die faktore wat die oord aangenaam maak.

Oostvallei Blok_4_at_Sunset_November_2014

Daar is hoegenaamd geen koste ontsien om ’n Aftreeoord te skep waar senior burgers volkome gemoedsrus kan geniet met die wete dat daar nie eenvoudig ‘n huis verskaf word nie maar wel ’n lewenswyse wat aan Oostvallei se senior burgers in hierdie fase van hulle lewe ’n aangename verblyf met rus, vrede, gemak en veiligheid bied.

Oostvallei Giraffes_at_Sunset_November_2014

Kabbelende waterstrome wat tussen die subtropiese plante kronkel, skep ’n rustigheid wat moeilik te versoen is met die woelige stadslewe buite die hoê veiligheidsmuur wat die kompleks omring.

Oostvallei at_Night_November_2014

Die landskapontwerp, waterstrome en wandelpaaie is kundig uitgelê met net die beste gehalte plante om in die winter net so goed te vertoon soos in die somer. Inheemse bome is behou, en nuwe bome is op geskikte plekke aangeplant.

HME 4865

'n Paradys in die kleine, so dink 'n mens na 'n besoek aan die oord.

 

Heiner Meyer Stigting

HMFlogos

Galeo Solar

GaleoLogosm

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom