spacer

Home Sosiaal Algemeen

Algemeen

Sosiaal is Oostvalleiers baie bedrywig.


Aktiwiteite soos funksies, byeenkomste, opvoerings en uitstappies wat wyd ondersteun word is daar geen gebrek aan nie en word dit aanhoudend baie goed ondersteun.


Biblioteek


Oostvallei se biblioteek bied 'n wye verskeidenheid boeke wat jaarliks deur donasies van nuwe inwoners aangevul word. Die biblioteek dien ook as 'n gulde geleentheid om deur die daaglikse koerant of nuutste tydskrif te blaai.


HEI 8172

 

Kers- en paasfees

 

Die jaarlikse kersfees- en paasfeesbyeenkomste in Oostvallei is geweldig gewild. Baie moeite en beplanning word gedoen met die voorbereiding daarvan en is almal opgewonde om 'n feesmaaltyd en 'n besonderse tyd saam te beleef. Hierdie is die ideale funksie om vriende en familie te nooi sonder die bekommernis om so 'n samekoms by die huis te wil reel.

 


Wandelroetes


Die mees gewildste aktiwiteit deesdae in die oord is om op die verskeie wandelpaaie en voetpadjies te gaan stap. Dit het onlangs baie meer belangstelling begin lok weens die verskeidenheid landskapstemas wat geskep is sowel as die nuwe en verbeterde padjies aan die heining aangrensend die natuurpark. Die padjies is wyd genoeg en word ook snags belig wat dit moontlik maak om tot laat in die aand te gaan stap in die veiligheid van die oord. Die roetes kronkel tussen waterstrompies en onder deur reuse ou bome.

Die tuin is 'n ware paradys!


HEI 7514

 

Oostvallei se bekende "Weerklip"

 

Die weerklip by Oostvallei het altyd die mees akuraatste weergawe van die weer vir die dag - en was nog nooit verkeerd nie! Op verskeie angeleenthede gedurende die jaar word die klip alhoewel volgens die spesifieke aangeleentheid beklee om daarby aan te pas.

 

HEI 2674

 

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom