spacer

Home Bestuur Omskrywing van Take

Omskrywing van Take

Eksterne skakeling behels alle skakeling na buite met byvoorbeeld owerheidsinstansies, ander aftreeoorde en die pers.

 

Interne skakeling behels die skakeling met inwoners en hulle kinders of voogde.

 

Welsyn en gesondheid is gerig op die geestelike en fisiese toestand van inwoners en kan met georganiseerde goeie buurmanskap vergelyk word - 'n poging om inwoners by te staan wanneer dit nie met hulle goed gaan nie. Dit dek ook die reëlings met die versorgingseenheid, wat uitgekontrakteer is aan 'n mediese dokter en verpleegkundiges, maar tog basiese mediese dienste aan alle inwoners wat daarin belangstel lewer. Noodbystandsdiens van 24 uur is hierby inbegrepe.

 

Finansies dek die volle spektrum, van die opstel van die jaarlikse begroting tot die deurlopende toesighouding oor inkomste en uitgawes. Die bepaling van die maandelikse heffing word saam met die begroting by die aigemene jaarvergadering aan die inwoners vir goedkeuring voorgelê.

 dameende

Onderhoud, instandhouding en herstelwerk met behulp van 'n terreinopsigter word ten opsigte van die verantwoordelikhede van die bestuursvereniging onderneem, dit word ook binne sekere perke, op versoek van die inwoners in hulle wooneenhede onderneem.

  

Menslike hulpbronne word hoofsaaklik deur die bestuursagent hanteer en behels die werwing, aanstel, ontslag en pensionering van personeel, die opstel van dienskontrakte, die hantering van alle ander personeelsake insluitend dissiplinêre verhore. Met betrekking tot personeelaangeleenthede word van die dienste van 'n gekwalifiseerde arbeidskundige gebruik gemaak.

 

Veiligheid is 'n belangrike saak wat uit twee komponente bestaan. Eerstens is daar nie-mediese noodsituasies waarvoor daar 'n noodplan is wat by die Direktoraat Burgerlike Beskerming van die Munisipaliteit van Tshwane geregistreer is. Intern hanteer die veiligheidsubkomitee sulke sake in samewerking met blokleiers en assistentblokleiers wat in elk van die nege fases van die oord aangestel is. Tweedens, is daar veiligheidsake waar gepoog word om die beste perimeterbeskerming, te handhaaf. Streng toegangsbeheer word gehandhaaf. Die sekuriteitsdiens is uitgekontrakteer.

 

loerietuin


Ten einde die sosiale lewe te stimuleer, word gereëlde uitstappies na opvoerings en optredes van kunstenaars gereël. Daarbenewens is daar verskeie groepe wat kaart, woordbouspeletjies en bymekaarkomste het vir skilder en naaldwerksessies. Die komiteelid wat verantwoordelik is vir die portefeulje sosiaal en spysenierdiens is hiervoor verantwoordelik en reël ook maandeliks een of ander gesellige sosiale byeenkoms, gewoonlik 'n tema-aand, waar inwoners na keuse met ander inwoners skouers kan skuur.

 

 

paaidjie4waterfall


Weens veiligheidsredes word privaathuishulpe nie in die oord toegelaat nie. Hierdie diens word deur die administratiewe kantoor aangebied en elke inwoner het die gerief van een skof van drie ure per week. Bykomende skofte kan teen 'n billike tarief by die administratiewe kantoor aangevra word. Hierdie diens word deur die kantoor gereel.


Om dieselfde rede word privaattuiniers ook nie toegelaat nie maar word 'n tuindiens onder beheer van die administratiewe kantoor gelewer.  Afhangende van die grootte van die tuin, het inwoners die gerief om gebruik te maak van 'n tuinier wat per skof ingedeel word. Dit sluit nie die sny van gras in nie; dit word saam met die gemeenskaplike tuine gedoen.

 

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom