spacer

Home Verkope Algemeen

Algemeen

Uitbundig elegant en vervynd, gereed vir 'n buitensporige aftrede!


Daar is ’n verskeidenheid eenhede by Oostvallei beskikbaar om van te kies soos byvoorbeeld een-, twee- en drieslaapkamereenhede met verskillende oppervlaktes wat wissel van 97 vkm tot en met 275 vkm vir die groter drieslaapkamereenhede. Al die huise het toesluitmotorhuise wat partykeer selfs vas aan die huis is. Die eenhede waar die motorhuis los is, het die voordeel dat daar ’n privaattuin tussen die huis en die motorhuis is. Alle huise het hulle eie tuine wat uitgelê en onderhou word.


HEI 7781


Eenpersooneenhede sonder ’n motorhuis is ook beskikbaar en daar word voorsiening gemaak vir genoegsame parkering. Al die eenhede in Oostvallei is op grondvlak met eie stoepe en tuine en lekker sonnige vertrekke. Oostvallei verkoop nie sommer net behuising nie, want hier vind u ten eerste die diens en sorg wat u toekom – en as ’n waardevolle byvoordeel kry u woonreg in ’n moderne en luukse woning op die grond, in die natuur, in ’n private tuin wat vir u versorg word.


HEI 7586

 

    Dit is waar die mense regtig omgee – in ’n gemeenskap wat saamstaan.

    Oostvallei – die spogoord in die gesogte ooste van Pretoria.

    Professionele tuinuitlegte wat die hele oord in ’n tuinparadys omskep.

    Rustige en kommerlose verblyf in ’n private omgewing!

    In Oostvallei handhaaf u nie net u huidige lewenstandaarde nie, maar hier kan u maklik u

      lewenstyl verbeter!

    Slegs Oostvallei bied wat geen ander Aftreeoord kan bied nie – lewenslange diens en

      gemoedsrus.

    Vindingryke tuine maak van Oostvallei Aftreeoord ’n ware lushof.

    Senior burgers kry gerief en gemoedsrus by Oostvallei.

HEI 8066


Styl en gerief was gewis die sleutelwoorde in die beplanning van dié Aftreeoord. Net die beste boumateriale word gebruik met die opknapping van die eenhede. Elke vertrek spog met ruim ingeboude kaste – selfs in die badkamers. Die badkamers is regtig baie ruim en luuks en die teelwerk strek tot teen die plafon. Benewens die bad is daar ’n ruim stort wat ook vir ’n rolstoel geskik is. Die kombuise word met genoegsame kaste toegerus, is ruim en het ’n ooghoogteoond, stoof en in sommige eenhede ’n spens. Daar is plek vir 'n wasmasjien sowel as 'n skottelgoedwasmasjien. Elke woning het sy eie toesluitmotorhuis met bykomende ruimte en genoegsame parkering vir 'n tweede motor. Van die groter eenhede het selfs dubbel motorhuise.


HEI 8079


Kom besoek ons gerus by die oord om van die eenhede te besigtig en ook 'n gevoel te kry van wat die oord bied.


GBCSA Lid

gbc mo small

 

gbc member organisation

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom