spacer

Home Verkope Die Regte Keuse

Die Regte Keuse

Om u belegging te beveilig en gemoedsrus op u oudag te hê, moet u noukeurig ondersoek instel, sê Mnr Heiner Meyer, die ontwikkelaar en eienaar van die Oostvallei Aftreeoord.

 

Kragtens die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone Nr 65 van 1988, soos gewysig, moet die eiendom van ’n Aftreeoord in die akteskantoor geëndoseer wees ten effekte dat dit die onderwerp van okkuasieregooreenkomste is. Dit kom  kortliks daarop neer dat wat die eiendom betref, die inwoners meer regte besit en meer beskerming geniet as enige ander instelling of persoon, gelykstaande aan die bedrag van sy belegging.

U moet veral seker maak dat daar nie ’n verband oor die eiendom geregistreer is nie. Dit kan deur 'n akteprokureur skriftelik bevestig word om defenitiewe gemoedsrus oor die aangeleentheid te bekom. Die enigste veilige oplossing is soos in die geval van Oostvallei, waar daar hoegenaamd geen verband en geen skuld op die eiendom rus nie. Alles word op ’n kontantbasis gehanteer om sodoende die belegging te beveilig.


HME 4835

 

Oostvallei word op die okkupasiereg-beginsel bemark. Indien dit op die Oostvallei manier hanteer word, is dit net so veilig soos ’n titel, of “kaart-en-transport’’, soos sommiges dit noem. ’n Ander veilige manier is deeltitel. Deeltitel is egter glad nie geskik vir ’n aftreeoord nie. Die ontwikkelaar van ’n deeltitelskema sal al die eenhede teen die hoogs moontlike wins verkoop en is dan nie meer betrokke nie. Die inwoners moet dan op hul oudag self sien regkom en self die oord aan die gang hou. Benewens die finansiële sekuriteit is die persoonlike veiligheid, gesondheidsorg, gemeenskaplike geriewe en ’n gelukkige samelewing met die ander inwoners belangrik. Dit is tog immers die laaste keuse van ’n tuiste en ’n mens maak die keuse om voortaan rustig en kommervry te lewe.


HME 4811

 

Oostvallei beskou homself nie as ’n ouetehuis nie maar wel ’n aftreeoord. Van die inwoners is net 50 jaar van ouderdom en werk selfs nog bedags. Die oord bestempel hom partykeer eerder as ’n vakansie-oord en nie ’n aftreeoord nie. Dit is inderdaad die kommentaar van baie mense wat die oord kom besigtig.


 

HME 4833


Senior burgers wat na gerief en finansiële sekuriteit op soek is, sal albei in die Oostvallei Aftreeoord in Garsfontein vind. Oostvallei is ’n private oord en het geen bande met finansieringsinstansies wat hulself ten koste van afgetrede mense wil verryk nie. Die oord is nie ’n deeltitelskema nie en die inwoners het dus seggenskap. Die eiendom is as Aftreeoord geregistreer en mag daar dus geen verband oor geregistreer word nie. Aftreeoorde se eenheidspryse kan nie vergelyk word met ’n gewone meenthuis ontwikkeling nie, aangesien die infrastruktuur vir die oprigting van ’n Aftreeoord se koste implikasie baie hoër is as dié van ’n gewone ontwikkeling.


HME 4827

 

Oostvallei, 'n klas van sy eie!

 

GBCSA Lid

gbc mo small

 

gbc member organisation

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom