spacer

Home Bestuur Algemeen

Algemeen

Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone

HME 4862

Ingevolge die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone (Wet No. 65 van 1988, soos gewysig) en die Regulasies wat ingevolge daardie wet in Goewermentskennisgewing R1351/1989, uitgevaardig is, is die Oostvallei-bestuursvereniging verantwoordelik vir die beheer, administrasie en bestuur van Oostvallei Aftreeoord. Alle persone wat 'n behuisingsbelang in Oostvallei Aftreeoord verkry, is outomaties lid van die Oostvallei-Bestuursvereniging en bekom daarmee inspraak in sy verantwoordelikhede, asook die reg op insae in sy rekords en finansiële state.

HEI 7565

 

Die voornoemde wetlike verantwoordelikhede bring mee dat dit Oostvallei-bestuursvereniging se plig is om die gemeenskaplike geboue en die wooneenhede te verseker en die gemeenskaplike eiendom en die buitekant van die wooneenhede - met die uitsondering van die buitekant van die eksterne deure en vensters en warmwatertoestelle - asook alle installasies op die perseel, te onderhou en in goeie en diensbare toestand te hou. Die Oostvallei-bestuursvereniging moet ook die huishoudelike reëls toepas en 'n register van sy lede byhou.




Ten einde hierdie pligte te kan uitvoer, beskik die Oostvallei-bestuursvereniging oor verskeie bevoegdhede soos om ‘n heffingsfonds in te stel om die uitgawes verbonde aan die nakoming van sy verantwoordelikhede te finansier; 'n bestuursagent aan te stel om die dienste te lewer waarop sy lede besluit, die fasiliteite te verbeter en uit te bou tot voordeel van al sy lede -  trouens, om alles te doen wat nodig is om doeltreffende bestuur en administrasie in Oostvallei Aftreeoord te verseker. Die Oostvallei-bestuursvereniging het ook die plig om by sy Algemene Jaarvergadering, ‘n bestuurskomitee aan te stel om namens hom die verskillende verantwoordelikhede na te kom.

 

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom