spacer

Home Bestuur Subkomitee

Subkomitee

Die bestuurskomitee word in die uitvoering van sy verantwoordelikhede bygestaan deur subkomitees bestaande uit vrywillige inwoners wat oor spesifieke kundighede beskik. 'n Belangrike oogmerk met die aanstelling van hierdie subkomitees, is om inwoner-inspraak en -betrokkenheid by daaglikse bestuur van die oord te verseker. Daar is die volgende subkomitees:


waterleliespaaidjie2

 

•  Biblioteeksubkomitee

•  Finansiële subkomitee

•  Regssubkomitee

•  Tuinsubkomitee

•  Veiligheidsubkomitee

•  Welsynssubkomitee

 

Selfs waar subkomitees nie nodig geag word nie, word inwoners gereeld op grond van hul spesialis kundigheid genader om op 'n individuele grondslag bydraes te lewer. 'n Inwonende argitek sal byvoorbeeld gevra word om met bouwerk te help met die opstel van planne, terwyl oud-medici oor mediese sake geraadpleeg word. Op hierdie wyse word alle take op 'n professionele en doeltreffende manier gehanteer.

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom