spacer

Home Fasiliteite Algemeen

Fasiliteite

Die fasiliteite by Oostvallei bestaan uit die volgende:


Gemeenskapsgebou

Die gemeenskapsgebou is die hartklop van die oord, is in die middel van die kompleks gelee, en beskik oor ‘n restaurant, patio, veeldoelige vergadersaal, ‘n biblioteek, private sitkamer en 'n administratiewe kantoor.

Oostvallei Administrative_Office_November_2014

Maaltye & privaatfunksies

Gebalanseerde maaltye uit ons splinternuwe industriele kombuis word voorberei. Ruim onthaalareas en ‘n voltydse spysenier vergemaklik reelings vir privaatfunksies en spesiale onthaalgeleentheede. Besondere moeite word gedoen om vir inwoners en gaste 'n fynproewersmaal voor te sit en ook 'n gulde geleentheid om familielede of vriende te nooi vir ete sonder enige moeite by die huis.

HEI 8352

Vergadersaal

Die ruim saal met verhoog word dikwels gebruik vir spesiale geleenthede asook algemene jaarvergaderings, weeklikse kerkdienste, optredes deur kunstenaars en uitstallings. Kleiner onthaalareas is ook beskikbaar vir familiebyeenkomste of spesiale verjaarsdaepartytjies.

Biblioteek

Die biblioteek bied 'n groot verskeidenheid boeke sowel as die mees populerste daaglikse koerante en tydskrifte.

HEI 8172

Administratiewe kantoor

Die oord se administratiewe kantoor wat met menigde aspekte behulpsaam kan wees, gee die inwoners ‘n groot sin van gemoedsrus wat nie onderskat mag word nie.

Posbusse

Oostvallei beskik oor sy eie privaatsak en inwoners se pos word by die administratiewe kantoor in posbussies geplaas. Posstukke kan ook van uit die oord se gerief en veiligheid versend word.

Wassery

Die wassery word op 'n muntstelsel bedryf. Die opsie om groter items soos gordyne of lakens te was is tot alle inwoners se beskikking teen ‘n minimale koste.

Sekuriteit

Die oord beskik oor een ingangshek met 24 uur wagte wat doelgerig opgelei is. 

Die nuutste tegnologie in moderne heiningsisteme is gebruik aan die grens met die naturreservaat. Elektriese heinings, goeie beligting and wandelpaaie wat breed genoeg is maak dit nie net 'n plesier om te gaan stap nie maar gee ook 'n groot sin van gemoedsrus.

HME 0118

Die hele oord is aan 'n noodkragopwekker gekoppel en word daardeur nie deur kragonderbrekings of beurtkrag geaffekteer nie. Hierdie opsigself het reusagtige voordele wat sekuriteit en gemoedsrus aanbetref. 'n Argiteksontwerpte betonmuur met 'n addisionele elektriese heining beveilig die res van die oord en bied ook die nodige privaatheid.

Sonkrag vir elektrisiteitsvoorsiening

20151218-HME 8908-2 

Oostvallei maak gebruik van sonernergie vir sy elektrisiteitsvoorsiening en is dus nie afhanklik van Eskom gedurende die dag nie. Met 'n maandelikse opwekkingsvermoe van 30 megawatt is ons trots daarop om te kan se dat dit huidiglik die grootste multi-residensiele sonplaasinstallasie in Suid Afrika is. Hierdie sowel as die gebruik van sonenergie vir waterverhitting is maar net 'n paar initiatiewe om die algehele koolstofvoetspoor van die oord te verminder en 'n aansienlike kostebesparing vir alle inwoners te bewerkstellig.

 

 


Sekuriteit en veiligheid is een van die belangrikste aspekte in die oord en is dit uiterdaad iets waarop Oostvallei baie trots kan wees.

Oostvallei Sonkrag

Druk hier vir Sonkragstatistieke

stats

Markte

GBCSA Lid

gbc mo small

 

gbc member organisation

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom