spacer

Home Fasiliteite Kliniek

Kliniek

Sorgeenheid

Die sorgeenheid by Oostvallei word op 'n subkontrak basis uitgekontrakteur aan 'n aparte entiteit wat in verswaktesorg spesialiseer. Daar word omgesien na ouer verswakte pasiente en voorsiening word gemaak vir ouer persone wat steeds onafhanklik wil funksioneer maar naby spoedige en doeltreffende mediese hulp wil wees.

Die sorgeenheid wat binne die oord gelee is maak 'n groot verskil in die besluitnemingsproses by die vestiging in 'n Aftreeoord. Elf kamers is beskikbaar waarin daar veertien beddens beskikbaar is. Die grootste voordeel aan die sorgeenheid is dat dit sentraal gelee is in die oord wat dit vir mede inwoners gemaklik maak om ter enige tyd te gaan kuier. Nog 'n voordeel is dat 'n egpaar heen en weer kan kuier as een van hulle dalk sou verswak raak sonder om oor veiligheid bekommerd te wees.

hospitaal4hospitaal

Alle inwoners word met 'n koordlose noodknoppiestelsel voorsien wat verkieslik altyd aan die persoon gedra moet word in geval van nood. Hierdie is dalk een van die kleiner dinge in die lewe waaraan mens nie noodwendig altyd dink todat daar daadwerklik iets gebeur.

Die boomryke omgewing met sy kabbelende waterstrome en houddek tussen die lower van reuse bome maak dit 'n aangename ervaring om aan te sterk - net wat die dokter sou voorskryf.

Die vriendelike verpleeghulp sal seker maak dat u verblyf aangenaam sal wees.


kliniekkliniek3

Bekende groot hospitale in die nabyheid van Oostvallei is:

• Pretoria Oos Hospitaal

• Kloof Hospitaal

• Wilgers Hospitaal

• Faerie Glen Hospitaal


'n Groot verskeidenheid apteke is ook in die omgewing beskikbaar, wat op 'n 24uur basis bedryf word.


Oostvallei Sonkrag

Druk hier vir Sonkragstatistieke

stats

Markte

GBCSA Lid

gbc mo small

 

gbc member organisation

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom