spacer

Home Fasiliteite Restaurant

Restaurant

Smaklike etes in 'n aangename omgewing.

Inwoners uit die oord kan daagliks ‘n maaltyd in die restaurant geniet. Ses weeksdaemaaltye per inwoner per maand is verpligtend. Sodoende word daar 'n sosiale interaksie bewerkstellig, die winsgewendheid van die spyseniersdiens word daardeur verseker en sorg vir 'n gesonde eetlus vir alle inwoners. Die etes in die restaurant word teen ‘n billike prys aangebied sodat dit regtig lonend is om hier ‘n goed gebalanseerde maaltyd te kom geniet, tussen vriende en medeinwoners, eerder as om by die huis etes voor te berei.

ADE 5581

Die eetsaal is baie populêr en gee mens 'n goeie veskoning om vriende en familie te nooi en selfs dalk met ou kennisse te ontmoet.

ADE 5537

Etes word daagliks vars in Oostvallei se splinternuwe industriele kombuis met die nuutste tegnologie voorberei en sodoende kan voorsiening gemaak word vir persone wat spesiale diete volg of vegetariese geregte verkies.

HEI 8331

Vir privaatfunksies of familiebyeenkomste is daar ‘n groot verskeidenheid geregte soos vingeretes met verskillende soet- en southappies om van te kies en te keur. Vir verjaarsdae, spitbraaie, begrafnisse, teepartytjies en spesiale ontbytonthale word spesiale aandag gegee.

ADE 5556

Die idee is immers nie om net 'n maaltyd te voorsien nie maar eerder om die vooruitsig van 'n aangename samesyn te bewerkstellig met medeinwoners en daaardeur lewenslange verhoudinge op te bou.





Oostvallei Sonkrag

Druk hier vir Sonkragstatistieke

stats

Markte

GBCSA Lid

gbc mo small

 

gbc member organisation

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom