spacer

Voorwaardes

E-pos:

Die inligting vervat in enige e-pos en enige aanhangsels daaraan is uitsluitlik bedoel vir die gebruik aan die ge-adresseerde(s) soos in die adreslyn vermeld. Sodanige e-pos mag inligting bevat wat vertroulik en privaat is. Indien u nie die vermelde geadresseerde is nie, word u versoek om geensins op enige wyse hierdie epos te versprei, bekend te maak of te kopieër nie, asook enige handeling voorspruitend daarvan te doen nie. Stel asseblief die versender per terugkerende epos dadelik in kennis dat gemelde e-posboodskap verkeerdelik ontvang is en vernietig die betrokke e-pos onmiddellik daarna.

Enige opinies, sienings, gevolgtrekkings of ander inligting in hierdie boodskap vervat is dié van die versender en word nie noodwendig deur Oostvallei, die Beheerliggaam, Bestuurspan of personeel ondersteun nie.

Oostvallei aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige onregmagtige opinie of voorstelling gemaak deur die versender namens die aftreeoord  nie.

Vanweë die aard van e-pos kommunikasie aanvaar Oostvallei geen verantwoordelikheid vir die hantering van vertroulike inligting hierin vervat nie en word alle aanspreeklikheid in die verband uitgesluit.
 
Die verantwoordelikheid rus verder op die ontvanger en sy organisasie om die betrokke e-pos en aanhangsels na te gaan vir virusse. Nadat gemelde e-posboodskap Oostvallei se netwerk verlaat het, aanvaar Oostvallei geen verdere verantwoordelikheid vir virusse, gemorspos of 'spybots' wat daaraan gekoppel kan word nie.

Oostvallei behou die reg voor om enige inkomende en uitgaande e-pos boodskappe sowel as enige ander vorm van elektroniesekommunikasie op sy e-posstelsel te monitor en te vernietig indien dit besmet is met enige virusse, gemorspos of 'spybots'.

Verder behou Oostvallei ook die reg voor om geregtelik en of siviel op te tree indien ons stelsel misbruik word in enige mate, of vir die versending van enige rassistiese, seksistiese, pornografiese en of enige ander ongewenste inhoud of aanhangsels.

 

Webwerf:

Die gebruik van die webwerf van Oostvallei deur enige gebruiker berus uitsluitlik op eie oorweging. Wanneer enige persoon of persone ons webwerf besoek, doen hulle dit op eie risiko en aanvaar ons geen verantwoordelik vir enige gebeurlikheid voortspruitend uit sodanige gebruik nie.

Die inligting vervat in enige webwerf en enige bladsye daarin is bedoel om inligting oor Oostvallei te verskaf. Sodanige inligting daarin weergegee word geensins as absoluut beskou nie en mag verouderd, foutief of ander foute bevat. Oostvallei probeer nie met hierdie webwerf enige siening aan gebruikers afdwing, of te probeer oortuig tot enige siening nie. Die uitsprake, dokumentasie en enige ander inhoud waaarin moontlike sieninge gelees kan word is die uitsluitlike siening en beleid van Oostvallei en is uitsluitlik vir kennisname deur gebruikers en nie om sodanige gebruiker van die webwerf se siening en beleid te oortuig nie.

Oostvallei behou die reg voor om te enige tyd veranderinge en verbeteringe aan die webwerf en of inhoud daarvan aante bring sonder kennisgewing.
Hierdie terme en voorwaardes tot die gebruik van die webwerf omsluit die totale gebruik en toegang tot Oostvallei se webwerf en is nie onderhewig aan enige vorige kommunikasies, veranderinge of verbeteringe nie en mag van tyd tot tyd na goeddunke verander word sonder enige kennisgewing.
 


Sagteware:
 
Indien enige sagteware op die webwerf beskikbaar gestel word vir aflaai deur 'n gebruiker of spesifieke gebruikers, behou Oostvallei en enige Derde Party organisasies of maatskappye aan wie die sagtware behoort, die kopiereg. (Geen sagteware of enige gedeelte daarvan mag sonder toestemming verder versprei of enige gedeelte geredigeer of verander word nie.) Die gebruik van sodanige sagteware word beheer en beskerm deur die kopiereg wat daarop aangedui is en deur die kopieregwet van die betrokke land waarin dit ontwikkel is asook van die betrokke gebruiker. Sodanige gebruiker(s) moet die ooreenkoms tot die gebruik van sodanige sagteware lees en aanvaar alvorens dit geïnstalleer en of gebruik mag word.

Oostvallei aanvaar geen verantwoordelikheid van watter aard indien enige sagteware onwettig of verkeerdelik gebruik word nie. Verder word daar ook geen verantwoordelikheid aanvaar indien daar enige skade, veranderinge of gebeurtenis op die gebruiker se rekenaar voorkom weens die direkte of indirekte gebruik of installering van enige sagteware wat bekom is vanaf of deur middel van die webwerf.


Skakels na ander Webwerwe:

Oostvallei se webwerf mag moontlik skakels na ander Derde Party webwerwe hê waaroor ons geen beheer kan uitvoer nie en waaroor ons nie oor die inhoud kan verantwoordelik wees nie. Hierdie skakels is slegs vir die gerief van spesifieke gebruikers. Sodanige Derde Party webwerwe sal sover dit binne ons vermoë is, gekeur word vir inhoud. Daar mag gevalle wees waar skakels sonder ons toestemming en wete op ons webwerf geplaas word, of waar ons skakel selfs op Derde Party webwerwe geplaas word sonder ons medewete en sonder ons toestmming. In alle gevalle dra ons geen verantwoordelikheid vir sodanige skakeling nie.


Kopiereg:

Alle teks, fotos, dokumente op hierdie webwerf, is die eiendom van Oostvallei. Geen ongematigde reproduksie of verspreiding daarvan in enige vorm word toegelaat sonder amptelike skriftelike toestemming nie. Alle regte word voorbehou tensy waar dit anders vermeld word.

Die Oostvallei logo is 'n geregistreerde handelsmerk.
 

Vrywaring:
 
Slegs indien uitsluitlik vermeld, word alle inligting wat in hierdie webwerf voorkom op sigwaarde aangebied. Alle uitdruklike of geïnpliseerde voorwaardes, veronderstellings, voorwaardes en volmagte, ingesluit. Oostvallei aanvaar geen aanspreeklikheid of geïnpliseerde aanspreeklikheid vir korrektheid, aanvaarbaarheid, volledigheid of toeganklikheid nie.

 

Galeo Solar

GaleoLogosm

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom