spacer

Home Inleidend Nuus

Nuus

Oostvallei - op die voorgrond van volhoubaarheid.

11 Junie 2021

Oostvallei se woonhuise voldoen aan die verwagtinge van ons jonger kliënte.

Hierdie eksklusiewe huis in Oostvallei Aftree-oord is herontwerp en geheel en al opgeknap uit 'n bestaande struktuur en omskep in 'n nuwe ontwerp wat voldoen aan die verwagtinge van ons jonger kliënte om 'n rustige veilige en diskrete omgewing te bied terwyl dit aan al Oostvallei se vereistes voldoen om uniek en eksklusief te wees.

HME 0124

Die implementering van 'n nuwe ontwerp wat aan ons inwoners se verwagtinge voldoen, was nie sonder hindernisse nie.  Oostvallei het 'n wooneenheid gelewer wat 'n moderne atmosfeer bied, wat die tradisionele strikke vermy om bloot 'n ander behuisingsontwikkeling te wees met rye huise met dieselfde ontwerp.

Die buitekant van die huis het 'n hedendaagse tema van glas en gepleisterde beton met algemene strukturele aksente wat in die porte-cochère geïntegreer is met bedekte patio's en paadjies.  Die ingang na die huis het 'n ruim area wat uikyk op 'n baie groot inheemse witstinkhoutboom wat deur die betonplaat strek en sy skaduwee oor die binnenshuise tuin werp. Hierdie enkele, bepalende kenmerk van hierdie huis smelt saam in die argitektoniese ontwerp van die struktuur en het intussen die toepaslike naam,  "Die Boomhuis" gekry. Dit lyk asof die boom deur die gebou groei waar die betonoorhang dien as skuiling vir die buitegang.  Die algehele effek hiervan bied 'n indruk wat tegelykertyd kragtig en verwelkomend is.


Die woning het 'n groot onderdakstoep met dakvensters wat genoeg sonlig bied en ook 'n pragtige uitsig oor die Moreleta Natuurreservaat.


HME 0109


'n Leefstyl waaraan mens kan gewoond raak.



 



 


12 Julie 2019

Oostvallei se splinternuwe waterstrome.

Verandering in mens se omgewing is belangrik, veral as mens baie tyd in daar spandeer. Die waterstrome by Oostvallei is daar vir almal se genot en gerief en het die opgradering van alle dammetjies en stroompies 'n reusige verskil gemaak en geniet almal dit meer as ooit te vore.


HME 4865

'n Genot selfs vir ons nuwe seekoeie!

 

 



 


27 November 2014

Oostvallei vier sy 27ste bestaansjaar.

Geregistreerd op die 27ste November 1987 (27 jaar gelede) as Suid Afrika se eerste Aftreeoord, vier Oostvallei sy 25ste bestaansjaar vanaf konstruksie van die oord 'n aanvang geneem het.

Oostvallei het onlangs begin met 'n paar reusagtige volhoubaarheidsprojekte in die oord om homself weereens op die voorgrond te plaas met 'n tendens in Suid Afrika aangaande aftrede vir 'n nuwe generasie met 'n konsep as 'n Volhoubare Nuwe Generasie Leefstyl Aftreeoord.

HEI 8198

Oostvallei - in 'n klas van sy eie.


 



 

3 September 2011

Oostvallei skakel oor na hernubare energiebronne.

Oostvallei se initiatief om om te skakel na meer doeltreffende hernubare energiebronne en om oor te skakel na sonkrag vir elektrisiteitslewering maak hom weereens die baanbreker in die Aftreeoord bedryf. Alle waterverhittingseenhede in die oord is omgeskakel na sonkragwaterverhitting wat 'n reuse kostebesparing vir alle inwoners meegebring het. Meer as helfde van 'n huishoudelike kragverbruik word deur 'n ou konvensionele tiepe geyser verbruik en deur die omskakeling na sonkrag het dit 'n reusige impak op die algemene kragrekening meegebring. Verder word daar van sonpanele gebruik gemaak om skoon elektriese krag op te wek vir alle wooneenhede in die oord.

HEI 4875

Die maandelikse kraglewering van die sonplase beloop tans in die omgewing van 30,000 kilowatt/uur - 'n totale oplewering van 30 megawatt per maand. Met verdere uitbreidings aan die sonkragnetwerk behoort die hele oord binnekort geheel en al onafhanklik te wees van die kraglewering deur die owerhede en 'n reusige besparing in die elektriese kragrekening te bewerkstellig in die toekoms.

64242587

Oostvallei is tans die enigste en ook grootste multi-residensiele sonkraginstallasie in Suid Afrika.


Heiner Meyer Stigting

HMFlogos

                 Kopiëreg - Oostvallei 2012

Oostvallei Sosiale Skakels

twitterlinkedinyoutubepanoramiom